Meer oor Charfontein - Dohnes

As ek aan Charfontein Dohnes dink is die eerste gedagte wat in my kop opkom “Dankbaarheid!” Wat ‘n voorreg om met skape te kon begin boer wat reeds ‘n goeie fondasie gehad het. Oor die afgelope jare het die skaapboerdery ‘n baie groot bydrae gehad in ons sukses.

‘n Hartlik dank aan my pa wat alles begin het. ‘n Man wat op 8jaar skool toe is en op 12jaar skool moes verlaat. Sy pa vroeg verloor het, graaf en pik geslaan het op die pad  , later voorman geword op ‘n plaas en later sy eie stukkie grond gekoop . Ons stoet is al in 1946 gestig wat dit sekerlik een van die oudste stoeterye in die land maak.

Charfontein probeer , vandag ‘n skaap teel wat vrugbaar , gehard, aanpasbaar en vroegryp is met goeie kwaliteit wol. Al die bogenoemde eineskappe bring vir ons meer geld in die sak, en sorg vir ‘n skaap wat maklik boer. Vrugbaarheid is seker een van die belangrikste eienskappe. Hoe meer lammers, hoe meer geld en hoe hoër kan die  seleksieinduk wees.
Ons boer hoofsaaklik onder ekstensiewe toestande. Twee lamsiesoene een in die herfs en een in die lente. Herfs lammers is -/+ 5kg swaarder as die lente lammers hoofsaaklik agv oesreste en minder parasiete in die winter.

Ooie word in groot troppe gepaar onder ektensiewe toestande en KI word in die stoet gebruik. Ons speen lammers op 3 maande. Al ons kommersiële ram lammers gaan na ons voerkraal toe.

Oor die afgelope 20jaar het ek gesien hoe ooie se gewig toeneem en die tipe gladder word. Ons volwasse ooie se mikron het ook van 22,8 mikron gedaal tot 20,3 mikron. Daar is steeds ‘n daling in die aantal ooie wat nie lam nie. Lammers word ook al hoe vroeër bemark. (voerkraal lammers weeg +/- 50kg op is +/- 5 ½ maande ouderdom).

Charfontein se geheim lê nie net in bogemiddelde bulp waardes nie, maar in die feit dat ons genoeg vertroue in ons eie produk het om eers ons eie ramme te gebruik voordat ons hulle verkoop. Vandat ek boer het ons nog nooit vroulike diere gekoop nie. Ons teel wat ons wil hê.

As die ramme vir ons geldmaak behoort hulle ook vir die meeste skaapkuddes ‘n aanwins te wees.

Ons streef daarna om konstant, bogemiddelde, goed aangepaste diere te teel.


© Charfontein.